歌曲 / 歌词

In Jou Arms Slaap

Cézanne YzelleListen on Apple Music

歌词

In die aande as ek wag om te slaap
en jou hande voel hier aan my raak.
Hou ek my asem op en hoop dat tyd sal stop.
As ek opstaan, met 'n soen op die wang
en die lakens wat jou lyf vasvang.
Wens ek die dag verby, dat ek langs jou kan bly.
Ons kamer hou geheime wat net ons twee deel.
Teen skemer, met die sonsak, mis ek jou te veel.
Jy kyk reg deur my.
Jy sien my ware wese
en ken my diepste vrese.
Jy verstaan my.
Dis jy wie my onrus stilmaak
as dae vir my te lank raak.
Sou alles in die wêreld net vergaan
wil ek in jou arms slaap.
Voor dit lig word en die son nog skaars skyn,
of dit donker word en die son verdwyn.
Voel ek weer veilig by jou, soos jou arms om my vou.
Ons kamer hou geheime wat net ons twee deel.
Teen skemer, met die sonsak, mis ek jou te veel.
Jy kyk reg deur my.
Jy sien my ware wese
en ken my diepste vrese.
Jy verstaan my.
Dis jy wie my onrus stilmaak
as dae vir my te lank raak.
Sou alles in die wêreld net vergaan
wil ek in jou arms...
... in jou arms slaap en wakker word.
Ek wil my dae spandeer saam jou,
want in jou oë aanskou ek ons toekoms
en wat dit inhou.
Jy kyk reg deur my.
Jy sien my ware wese
en ken my diepste vrese.
Jy verstaan my.
Dis jy wie my onrus stilmaak
as dae vir my te lank raak.
Sou alles in die wêreld net vergaan
wil ek in jou arms slaap.

更多歌手作品

专辑信息

In Jou Arms Slaap →
  1. In Jou Arms Slaap