歌词
Ek was so jonk nog
So wild, wakker, weerloos en so seker van my pad
Toe sien ek jou, ek bewe
Ek het geweet, my lewe sal nooit ooit weer dieselfde wees nie want
As jy ooit sou wonder
Liefde’s blind en jy sal nooit kan weet hoe hard jy gaan val nie
Jy gaan baklei, vergewe en aanhou soek vir rede
Wat het ek so reg gedoen, hoe't ek hier beland?
Jy’s my Kaapse blou
Jy is my heelal hier en nou
Ek’s die rivier, jy’s die wal wat my water inhou
Jy is tydloos soos Tafelberg
So groen soos die winter
So sag soos die soetste merlot
Met elke pols van my hart, my lyf, my wese
Daar’s geen ander plek, bo alles kies ek jou
My Kaapse blou
Dit was so maklik, dit was so maklik
Om te hang aan elke noot wat oor jou sagte lippe vloei
Want met jou waterval woorde, net vier akkoorde
‘n Melodie vergete, gevind en vasgehou
Jy’s my Kaapse blou
Jy is my heelal hier en nou
Ek’s die rivier, jy’s die wal wat my water inhou
Jy is tydloos soos Tafelberg
So groen soos die winter
So sag soos die soetste merlot
Met elke pols van my hart, my lyf, my wese
Daar’s geen ander plek, bo alles kies ek jou
My Kaapse blou
Kies ek jou, kies ek jou

专辑信息
1.Kaapse Blou