歌词
Ek wil Hierdie Jaar meer nugter wees
Hierdie Jaar meer boeke lees
Hierdie Jaar weer ophou rook
En Hierdie Jaar leer Kerrie kook
Ek wil Hierdie Jaar my pêle sien
Hierdie Jaar meer geld verdien
En Ek wil Hierdie Jaar nog songs skryf
En vrede maak met alles aan my lyf
Maar een ding wat ek defnitief wil hê
Is om, elke nag, elke nag langs jou te lê
En om Hierdie Jaar, onthou om jou te sê
Dat ek jou volgende jaar weer so lief sal,
Ja so lief sal hê...
Ek wil Hierdie Jaar die Lotto wen
En Hierdie Jaar in n bo bak swem
Ek wil Hierdie Jaar kan tel tot 10
Voordat ander mense my bad side sien
Hierdie Jaar meer luister
En Hierdie Jaar minder praat
Ek wil Hierdie Jaar kerse brand
En Hierdie Jaar kan slaap... tot laat...
Maar een ding wat ek defnitief wil hê
Is om, elke nag, elke nag langs jou te lê
En om Hierdie Jaar, onthou om jou te sê
Dat ek jou volgende jaar weer so lief sal hê...
Ek wil jou... laat weet
Hoe ek elke oggend, elke middag, elke nag, elke oomblik... oor jou voel...
Jy laat my glimlag...
Maar een ding wat ek defnitief wil hê
Is om, elke nag, elke nag langs jou te lê
En om Hierdie Jaar, onthou om jou te sê
Dat ek jou volgende jaar...
Maar een ding wat ek defnitief wil hê
Is om, elke nag, elke nag langs jou te lê
En om Hierdie Jaar, onthou om jou te sê
Dat ek jou volgende jaar weer so lief sal,
Ja so lief sal hê...